FREQUENTLY ASKED QUESTIONS
Ons maak gebruik van The Courier Guy. ‘n Landwye koerierdiens met meer as 170 kiosks en ‘n groot netwerk vir aflewerings regoor Suid‑Afrika.
Jou bestelling word deur hul span opgetel en afgelewer, en jy kan dit self ook naspoor deur die waybill nommer te gebruik.
Hierdie diens gee vir jou vertroue dat jou bestelling professioneel hanteer word—van ons deur na jou deur toe.
Jy is altyd welkom om ons te kontak! Stuur gerus ’n e-pos na vatvasstudios@gmail.com of gebruik die kontaknommer op ons webwerf. Ons span sal so gou moontlik terugkom na jou toe. Ons waardeer jou terugvoer en is hier om te help.
Terugbetalings word slegs verwerk wanneer ’n produk binne 7 dae ná ontvangs teruggestuur word weens ’n geldige rede, soos ’n fabriekfout of verkeerde grootte.
Bewys van betaling moet voorsien word voordat ’n terugbetaling verwerk kan word.
Neem asseblief kennis dat terugbetalings kan neem tot 7 werksdae om op jou rekening te verskyn nadat dit goedgekeur is.


